Observer Daller
Laerskool Julian Muller-redenaars by ATKV-finaal
Laerskool Julian Muller se redenaars het hul staal gewys by die ATKV-finaal redenaarskompetisie.

Laerskool Julian Muller is deur twee van hul leerlinge, Motheo Mputhi (graad 5) en Aneena Mathew (graad 6) verteenwoordig by die ATKV-finaal redenaarskompetisie.
Die kompetisie het by Klein Kariba plaasgevind en die uitslae is ’n paar dae later bekendgemaak.
In die afdeling vir Afrikaans addisionele taal het Motheo in die graad 4 tot 5 kategorie ’n algehele agtste plek behaal.
In die afdeling Afrikaans addisionele taal het Aneena in die graad 6 tot 7 kategorie ’n algehele 13de plek behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.